Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 6 NOVEMBER 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ........................................... (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink - luisteraars is daar 'n herleiding deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag,

DIE PEARS HF DX KOMPETISIE VANMIDDAG

DIE HAMMIES BAKEN PROJEK

en

WESKUS AMATEURS MAAK HUL MERK OP 144 MHZ

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Die doel van die PEARS HF DX kompetisie is om Suider-Afrikaanse radio amateurs aan te moedig om DX te werk. Die kompetisie vind plaas vanmiddag en begin om 12:00 UTC en eindig om 16:00 UTC. Dit is 'n foon alleen kompetisie met aktiwiteit op die 20, 15 en 10 meter bande. Jy kan deelneem as 'n enkel-operateur, basis of veldstasie of 'n multi-operateur, basis of veldstasie.

Die uitruiling is jou roepsein en RS-verslag. Logstate moet teen 20 November 2016 ingedien word by die Port Elizabeth Amateurradio vereniging, Posbus 10402, Linton Grange, Port Elizabeth, 6015 of per e-pos aan contest@peham.co.za. Geen laat inskrywings sal in ag geneem word nie. Kry die volledige reëls in die 2016 SARL Blouboek.

** As jy hierdie amateur radio stokperdjie as 'n nuweling betree is dit 'n uitdagende onderneming en selfs meer so as jy jonk is en jy het nog steeds skoolwerk en eksamens wat jou besig hou, om nie van 'n chroniese tekort aan geld te noem nie.

Maar vir die 27 jong Hammies wat hul eksamens oor die afgelope agtien maande geslaag het, is daar goeie nuus. Die kerngroep van volwasse ondersteuners, wat hulle deur die eerste fase van die skryf van die Klas B RAE gedra het, is nou aktief betrokke by die soeke na 'n paar hardeware projekte om die belangstelling van die jongmense te prikkel. Die doel is baie eenvoudig - om hulle op die lug te kry met 'n eenvoudige projek, wat ’n toename in hul deelname sal verseker en nie 'n fortuin kos nie.

Die begin idee vir die Hammies van 'n QRP baken, gebou van 'n lae koste Sjinese boustel bekend as 'n Pixie, kom van Leon Uys, ZR6LU. Leon is reeds baie betrokke by WSPR en QRSS bakens regoor die wêreld en dit was net natuurlik vir hom om sy kennis uit te brei na die Hammies. Maar nadat hy een van sy Ultimate 3S bakens van QRP-Labs aan Nic van Duffelen, ZR6AEZ, geskenk het en gesien wat 'n groot geleentheid hierdie boustel aan bied, die projek het 'n skielike draai geneem en die groep het besluit om 'n paar vaste bakens te skep waarteen die jong Hammies hul nuwe boustelle kan toets.

So gebeur dit dat ses mense, naamlik Leon Uys, ZR6LU, Nic van Duffelen, ZR6AEZ, Noel Hammond, ZR6DX, Nico van Rensburg, ZS6QL, Graham Busse, ZS6GL, en Emil Böhme, ZS6EGB, saam 'n "Buildathon" op Saterdagoggend, 29 Oktober 2016 by die NARS op Radiokop gehou het om hul QRP-Labs boustelle te bou. Die dag was 'n reuse sukses en twee van die boustelle was reeds operasionele toe hulle die dag afsluit. Die ander is byna voltooi en sal binnekort op die lug wees. So luister uit op die WSPR en QRSS frekwensies vir die Hammies oor die volgende paar maande.

** Daar is tans 'n paar Weskus amateurs wat op die 144 MHz-band aktiewe geword het. Hulle is Charles le Roux, ZS1CF, by Langebaan, Tienie Vermeulen, ZS1HO, by Vredenburg, André Grove, ZS3AG, by Kimberley, Kobus vd Merwe, ZS3JPY, by Kleinzee, André Coetzee, V51LZ, op Oranjemund en Pieter Jacobs, V51PJ, by Rosh Pinah. Hulle het begin met Maandagaand skeds op 145,500 MHz FM op vertikale polarisasie. ZS1CF en ZS1HO het daarin geslaag om V51LZ te werk oor 'n afstand van 526 km en ZS3JPY oor meer as 380 km. Een aand het ZS1CF sy Yagi na die Piketberg gerig en kontak gemaak met V51LZ weer, maar laasgenoemde kon glad nie die Piketberg herhaler hoor nie.

Onlangs het ZS1CF en ZS3JPY op 144,300 MHz ESB getoets, maar V51PJ kon hulle nie hoor nie totdat hy sy horisontale Yagi na 330 grade gedraai het en toe geniet hulle 'n Terug Strooi kontak; hul eerste-ooit op 144 MHz via hierdie voortplanting metode. Spore van V51PJ se sein is ook ontvang deur ZS3AG in Kimberley. Gerhard Coetzee, ZS3TG, het Kimberley gewerk met sy 12 element Skeleton Slot, ’n afstand van meer as 240 km, terwyl Eben Pienaar, ZS3EP, ook van Kathu, besig is met die bou van 'n 12 element Yagi. Wynand, V51WW is ook besig met die bou van 'n Yagi en sal binnekort by die groep aansluit. Dit lyk asof die Weskus Groep en amateurs in die aangrensende gebied baie aktief op 144 MHz in die toekoms sal wees.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga

** Aansoek om lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is ontvang vanaf Natalia Nevskaya, ZS6ZN en Leon Hattingh, ZSL-1171. Enige besware teen die nuwe lidmaatskap aansoeke moet die SARL Sekretaris by e-pos secretary@sarl.org.za voor of op Woensdag 9 November bereik.

Die ledetal van die Liga is tans 1 497 lede en 43 geaffilieerde klubs.

** ARISS paket oorgeskakel na UHF werking aan boord van die ISS. As gevolg van die onlangse mislukking van die BHF amateur radio in die ISS Columbus module, is die APRS paketstelsel wat werk op 145,825 MHz nie beskikbaar nie. Om hierdie situasie te bemiddel, het die bemanning die ARISS UHF radio, wat in die stoor op die ruimtestasie is, geaktiveer en paket is nou operasionele op die UHF amateur band op 437,550 MHz. Die radio is geïnstalleer deur gelisensieerde amateur en bemanningslid Shane Kimbrough, KE5HOD.

Die paket werking is met behulp van dieselfde protokol as met die vorige BHF radio. Slegs die frekwensie band vir werking het verander. Amateur operateurs wat die stelsel gebruik moet aanpas vir die verhoogde Doppler-verskuiwing wat ervaar word in die UHF amateur band. Die ARISS span is tans besig met Kenwood D710GA modelle vir vervanging en vereniging van alle amateur radio aan boord van die ISS. Die teikendatum vir aflewering is laat 2017. Vir meer inligting, besoek www.ariss.org en www.amsat.org. (Hierdie item van Southgate News)

** Sekuriteit deskundige ontdek 'n nuwe manier om sensitiewe inligting te steel sonder ’n netwerk. Sekuriteit navorser Mordegai Guri van die kuber-sekuriteit laboratorium by die Ben Gurion-universiteit in Israel het 'n nuwe manier gevind om sensitiewe inligting te steel van een rekenaar na 'n selfoon sonder die teenwoordigheid van 'n netwerk.

Navorsers het gesê, "In baie veilige fasiliteite is die aanname vandag is dat data nie buite 'n geïsoleerde interne netwerk kan lek nie. Dit is die lug-gaping sekuriteit. Die algemene beleid in so 'n veilige organisasies is om jou selfoon te laat in 'n sluitkas wanneer jy die fasiliteit betree en dan dit kom haal by jou uitgang. Ons by die kuber-sekuriteit laboratoriums het hierdie aanname uitgedaag en 'n manier gevind om die data van 'n rekenaar binne die organisasie uit te lek na 'n afgeleë selfoon sonder die gebruik van WiFi of Bluetooth."

Navorsers het 'n sleutel toets applikasie genoem AirHopper geskep wat radiofrekwensies kan oordra deur die ontginning van die rekenaar se skerm. 'n Sortgelyke applikasie op 'n-FM toegerusde slimfoon kan die uitsendings ontsyfer en die sleutel drukke van die gasheer masjien in reg tyd opneem. (Hierdie item van Southgate News)

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan wees. Daar is bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van 8 vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 20 m bande verwag. Daar is selfs 'n moontlikheid van 10 m openinge op Noord-Suid sonverligte paaie. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure:

Vandag - die PEARS HF Kompetisie
13 November - SARL Jeug Net
19 November - Antieke Draadloosvereeniging AJV en Ruil mark
26 November - AMSAT SA SDR Werkswinkel en die Wesrand ARK Vlooimark
26 en 27 November - CQ WW DX Gelykgolf Kompetisie

Om hierdie bulletin mee af te sluit, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Die doel van die PEARS HF DX kompetisie is om Suider-Afrikaanse radioamateurs aan te moedig om DX werk. Die kompetisie vind plaas op Sondag 6 November 2016 en begin om 12:00 UTC en eindig om 16:00 UTC. Dit is 'n foon alleen kompetisie met aktiwiteit op die 20, 15 en 10 meter band. Jy kan deelneem as 'n enkel-operateur, basis of veldstasie of 'n multi-operateur, basis of veldstasie. Kry die volledige reëls in die 2016 SARL Blouboek.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 760 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur .......................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003